Skip to main content

14 Maart 1898

Op 14 Maart 1898 is die 34-jarige Woolf Joel, Barney Barnato se broerskind, deur Baron Von Veltheim doodgeskiet omdat hy geweier het om te help met die ontvoering van president Paul Kruger. Daar word beweer dat Von Veltheim Joel by die Barnato broers se kantore besoek het en ‘n plan voorgestel het om president Kruger dood te maak. Toe Joel sy voorstel verwerp, is hy doodgeskiet. Von Veltheim is later gearresteer en tronk toe gestuur vir dié misdaad.

Bron: Crafford, F.S. (1943) Jan Smuts, New York: The Country Life Press Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau

Leave a Reply