Dokters moet kos vir pasiënte by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Soweto bring aangesien daar betalinggeskille is met voedselverskaffers.
‘n Ander probleem is die versuim om afvalverwyderingskontrakteurs te betaal wat tot ‘n krisis kan lei aangesien biologiese afval nie volgens die korrekte prosedures verwyder word nie.
Professor Martin Smith, die kliniese hoof van chirurgie by Chris Hani Baragwanath, het gesê “pasiënte se sneesdoekies, septiese verbande en gebruikte naalde en spuite word tans in houers in ‘n stoorkamer by die hospitaal gebêre omdat afvalbestuurkontrakteurs hul dienste onttrek het”. Smith het gesê teen volgende week sal die hospitaal nie meer spasie hê om die biologiese afval te berg nie.