Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het alle Comair-vlugte in Suid-Afrika opgeskort.

In ‘n verklaring Saterdag het Comair bevestig dat sy British Airways en Kulula-vlugte opgeskort is.

Gister was daar steeds chaos by lughawens nadat Comair het gesê dat vlugte vir 24 uur opgeskort sal wees.

’n Woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid het gesê die diensopkorting was weens veiligheidskwessies met Comair se vliegtuie.

“Hierdie besluit is geneem na ‘n ondersoek na die onlangse vlaag veiligheidsvoorvalle by die operateur,” het dit gesê.

“Dit is ‘n voorsorgmaatreël, die opskorting vir ‘n tydperk van 24 uur, waarbinne die operateur aan die reguleerder moet demonstreer dat die risiko- en veiligheidsbestuurstelsels effektief is om potensiële gevare te bestuur.”

Die Waarheid het nou verneem dat Comair se vlerke nou vir ‘n onbepaalde tyd geknip word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!