Diefstal van koperpype by die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal het nog ‘n vertraging veroorsaak in die heropening van die hospitaal se ongevalle-eenheid wat vir 14 Maart 2022 beplan is.
Volgens Jack Bloom, die Demokratiese Alliansie (DA) Gautengse se skadu-LUR vir gesondheid, is R30 miljoen se koperpype uit die hospitaal gesteel ná die brand op 16 April wat die sluiting van die hospitaal tot gevolg gehad het.