Die Minister in die Presidensie verantwoordelik vir Staatsveiligheid, Minister Mondli Gungubele, het die verbintenis van die Staatsveiligheidsagentskap om korrupsie te ontwortel, herhaal.
In reaksie op ‘n reeks mediaberigte oor beweerde voorvalle van bedrog, korrupsie en misdrywe, sê minister Gungubele die agentskap was bewus van die erns van die kwessies wat geopper is in beide die Hoëvlak-oorsigpaneel oor Staatsveiligheid en die Julie-onrusverslae, wat almal wys aan sommige swakhede en leemtes in die wyse waarop die Agentskap sy sake doen.
Hy het gesê hierdie voorvalle van verkeerde optrede is hoofsaaklik as gevolg van sulke swakhede soos geïdentifiseer in die twee onlangse verslae en het belowe dat die Agentskap onwrikbaar is in die implementering van aanbevelings om te verseker dat sulke wangedrag nie herhaal word nie.
Hy het gesê die werk van die forensiese ondersoekspan in samewerking met die NVG se Ondersoekdirektoraat is aan die gang en kry by die dag momentum.