Skip to main content

’n Aantal Madibeng-amptenare is geskors en afgedank ná ’n kwalifikasie-oudit deur die Madibeng-munisipaliteit (Brits).

Die pas aangestelde burgemeester van Madibeng, Douglas Maimane, het Vrydag tydens ‘n perskonferensie gesê die oudit volg op bewerings van werknemers wat met valse kwalifikasies aangestel is. “Tot dusver is twee amptenare geskors en een werknemer ontslaan. Ons verwag nog baie skorsings in die volgende weke,” het hy gesê.

“Die omvang van korrupsie is baie groter as wat ons gedink het. Daar kan teen meer as 100 amptenare opgetree word. Ons wil ’n korrupsievrye munisipaliteit hê wat dienste kan lewer,” het hy gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!