Skip to main content

Twee geboue van die Departement van Hoër Onderwys in die Pretoriase middestad is gesluit omdat die huur nie betaal is nie.

Volgens ‘n kennisgewing is die gebou gedeeltelik gesluit vanaf 7 Maart “weens onbetaalde huur” maar dat mense wat op die derde vloer in die een gebou werk by die gebou ingelaat sal word.

Volgens ‘n interne kommunikasie-stuk wat aan personeel gestuur is, word hulle ingelig dat die geboue gesluit is “as gevolg van ‘n dispuut tussen die departement van openbare werke en infrastruktuur en die verhuurder of eienaars van die gebou, die Bothongo Groep”, berig City Press.

Leave a Reply

error: Content is protected !!