Kontrakteurs wat miljoene betaal is voordat hulle enige werk aan die Beitbrug-grensheining gedoen het, is beveel om die winste wat hulle uit die omstrede projek gemaak het, terug te betaal.
Die Spesiale Ondersoekeenheid het Magwa Construction en Profteam BK hof toe geneem in ‘n poging om geld van die Beitbrug-grensheiningprojek van R40 miljoen te verhaal.
In ‘n uitspraak wat Dinsdag gelewer is, het Regter Lebogang Modiba van die Spesiale Tribunaal gesê die grootste verloorders is die staat en die publiek.