Meer as 1,5 miljoen vetplante is die afgelope 3 jaar onwettig uit die natuur verwyder.
Die onwettige handel in hierdie plante neem teen ‘n kommerwekkende spoed toe. Skaars vetplante in die droë dorre Noord-Kaapse landskappe word gestroop en onwettig na Asië uitgevoer.
Volgens SANBI het die aantal plante wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens van stropers gekonfiskeer word, jaarliks met meer as 250% toegeneem.
Teen November verlede jaar het die polisie op sowat 415 000 plante beslag gelê.
Nontsikelelo Mpulo, die SANBI-woordvoerder, het gesê, “hulle vermoed dat minder as 25% van die handel deur polisie onderskep word. Dit is waarskynlik dat meer as 1,5 miljoen plante die afgelope drie jaar uit die natuur verwyder is.” Pryse wissel van R30 tot hoogstens R100 per plant.
Stropery is as gevolg van die hoë werkloosheidsyfers in die gebied. Die jongste statistieke toon dat byna een uit elke twee volwassenes in die Noord-Kaap werkloos is.