Skip to main content

Prosus, ‘n filiaal van Naspers, gaan die volle sowat R10 miljard drawaarde van sy 25,7%-belang in Rusland se grootste internetmaatskappy, die VK Group, afskryf.

Dit volg op sanksies deur die Amerikaanse tesourie teen VK se uitvoerende hoof, Vladimir Kiriyenko, en ander “indirekte aandeelhouers”.

Die VK-groep besit Rusland se twee gewildste sosiale media-netwerkwerwe, VKontakte en Odnoklassniki, sowel as die e-posdiens Mail.ru.

Leave a Reply