Die familie gaan deur ’n bitter moeilike tyd na die skietdood van die egpaar Warren en Arlene Lucas Sondagaand by hul huis in Protea Village, Brackenfell.
Hulle 15-jarige seun word van die moorde verdink.
Volgens Sers. Wesley Twigg, die polisiewoordvoerder, het die seun gister in die landdroshof in Blue Downs verskyn, waarna hy in die sorg van ’n familielid vrygelaat is.
Sy prokureur, William Booth, het Maandag gesê sy kliënt is deur ’n maatskaplike werker gespreek en sal vir sielkundige waarneming gestuur word.
Die seun mag ingevolge wetgewing nie geïdentifiseer word nie.
Die hofsaak is tot volgende Donderdag uitgestel.