Skip to main content

Vier vroue is uit ‘n beweerde mensehandelsindikaat in Durban gered.

Hulle het verlede week van Johannesburg na Durban gereis, en met hul aankoms by ‘n huis in Durban-Noord het hulle besef dat hulle by ‘n sekshandelsindikaat betrek was.

Na verneem word, is die vroue gelok deur ‘n moontlike werksgeleentheid by ‘n inbelsentrum en gesê dat hulle simkaarte aan hoëprofielmense sou verkoop.

Die vroue is in ‘n kamer aangehou waar een van die mans onbetaamlik aan hulle gevat het en seksuele aanmerkings teenoor hulle gemaak het.

Een van die vroue het daarin geslaag om iemand te kontak wat die polisie in kennis gestel het.

’n Saak van mensehandel word deur die polisie ondersoek.

Na aanleiding van navorsing  deur Beatri Kruger oor haar LitNet Akademies-artikel: “is mensehandelaars uitgeslape en stel gou vas wat is hul potensiële slagoffers se drome en kwesbaarhede. Hulle word dan mislei en gelok na ’n ‘beter lewe’ met sogenaamde glansryke geleenthede vir werk, opleiding, wêreldreise of wat ookal die slagoffer se drome is”.

Leave a Reply

error: Content is protected !!