7 Maart 1902
Anglo-Boereoorlog 2: Genl Jacobus “Koos” De la Rey het genl. Lord Methuen in die Slag van Tweebosch (of De Klipdrift) in Wes-Transvaal verslaan en gevange geneem in die laaste belangrike veldslag wat deur die Boeremagte gewen is.
‘n Gewonde Methuen en meer as 870 Britse soldate is gevange geneem, terwyl agt-en-sestig gedood is. De la Rey het agt manne verloor en daar was ses-en-twintig gewondes.
Verwysings
Cloete, P.G. (2000). The Anglo-Boer War: a chronology, Pretoria: Lapa.|Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau.