Skip to main content

‘n 15-jarige seun van Brackenfell het gisteraand na bewering albei sy ouers doodgeskiet.

Die Brackenfell-polisie is omstreeks 18:00 ontbied na ‘n huis in Sharonsingel in Proteahoogte waar die ouerpaar se liggame met skietwonde gevind is.

Volgens die Brackenfell-polisie is die seun op die oomblik in aanhouding en sal hy later vandag vir sielkundige waarneming gaan.

Die saak word verder deur die polisie ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!