Skip to main content

TITEL: Moer 

OUTEUR: Michèle Meyer

Dis ’n roman oor die aftakeling wat vrou- en ma-wees op gees en lyf kerf.  Daar is ’n ongewone, ontgogelde blik op swangerskap, ontdaan van blosende skoonheid, vreedsame afwagting en innige vervulling; eerder gekenmerk deur vrees, angstigheid en ongemak. Die bloedige slagveld van geboorte word ontstellend verwoord en daarna die allesoorheersende liefde vir die babas. Maar ook die onmoontlike gyselaarsituasie van ’n ongelukkige huwelik: “Om ’n ma te wees is onmenslik moeilik as jou gees gevlug het uit jou lyf.” Dis ook die verhaal van die onwaarskynlike vriendskap tussen ’n ma en stiefma. Kylie en Katrin word mekaar se weemoed.

Michèle Meyer is vryskutjoernalis by Vrye Weekblad en wenner van die 2017 US Woordfees/Du Toitskloof-kortverhaalkompetisie. Haar skryfwerk is al in bundels opgeneem, maar hierdie is haar eerste boek. Sy woon in Pretoria.

Leave a Reply

error: Content is protected !!