‘n Suid-Afrikaanse nie-regeringsorganisasie (NRO), Gift of the Givers, gaan humanitêre hulp aan die Oekraïne verskaf te midde van die voortslepende oorlog.
Die liefdadigheidsorganisasie sal mediese en nie-mediese noodhulp aan frontliniefasiliteite en intern-ontheemde burgerlikes in die Oekraïne verskaf. Hulle sal ook Suid-Afrikaanse studente help wat wil terugkeer hierheen.
Dr Imtiaz Sooliman, die stigter van Gift of the Givers, het gister gesê dat versoeke om hulp instroom sedert die oorlog uitgebreek het.