Alhoewel moderne beleggers skepties is om in goud te belê, is die bewyse duidelik: goud is die ideale opsie vir veilige beleggings.
Die skrywer van Rich Dad Poor Dad en finansiële ghoeroe in sy eie reg, Robert Kiyosaki het gesê: “Kommoditeite soos goud en silwer het ‘n wêreldmark wat nasionale grense, politiek, godsdienste en ras oorskry.”
Goud was die geldeenheid wat finansiële grense oorskry het lank voordat Bitcoin of DeFi (gedesentraliseerde finansies) beskikbaar was.
Sedert die Covid-pandemie is internasionale effektebeurse uiters wisselvallig met groot winste en verliese wat mekaar afwissel. Gesoute beleggers weet dat die huidige konflik tussen Rusland en die Oekraïne die finansiële markte geskud het. Die Russiese roebel, byvoorbeeld, het binne weke feitlik in duie gestort en rekord-laagtepunte bereik.
Inflasie – die tempo waarteen die prys van goedere en dienste oor tyd styg – het regoor die wêreld die hoogte ingeskiet.
Dit is juis die stygende inflasiekoerse sowel as wisselkoersskommelings wat op die lang termyn ‘n gevaar inhou vir beleggers.
Die oplossings om jou bates veilig te hou: goud. Dit is een van die min beleggings wat waarde handhaaf óf laat toeneem wanneer markte onvoorspelbaar is.
Goud bly ‘n top kommoditeit aangesien dit vele oorloë en inflasiestygings oorleef het, en stabiel deur alles gebly het.
In Suid-Afrika koop jou geld jou tans -5,7% minder as ’n jaar gelede. Dit beteken dat jou belegging elke jaar, wanneer jy besluit om kontant as ‘n belegging te hou, erodeer.
“-5,7% klink dalk nie na baie nie, maar as daardie koers vir 10 jaar aanhou, sou mense ongeveer -44% van hul rykdom verloor.
“As jy na daardie getal kyk, is dit maklik om te sien hoekom dit al hoe belangriker word vir mense om hul rykdom in tye van inflasie te beskerm.
“Hulle kan dit doen deur die regte beleggings te kies,” sê Chris Beamish, ‘n beleggings-analis by Revix.
“Sekere bates soos aandele en behuising staan bekend as “inflasie-skanse” en bied beskerming teen die stygende gety. Maar dit is goud wat die langste en suksesvolste rekord het om inflasie te klop.
“Dus is ‘n belegging in goud ‘n goeie manier om seker te maak dat jou geld sy koopkrag mettertyd behou of verhoog. Goud het inflasie met +47% oor die afgelope 5 jaar verbygesteek – dit beteken dat in plaas daarvan dat die lewe oënskynlik duurder word, die lewe eintlik +47% goedkoper vir beleggers in goud geword het,” sê Beamish.
Benewens inflasie, beskerm goud- of silwerbeleggings beleggers ook teen wisselkoersskommelings omdat die prys van edelmetale in dollar vasgestel word.
As die rand waarde verloor, word jou goud of silwer dus in rand-terme net meer werd.