Skip to main content

TITEL: Ont-

OUTEUR: Wessel Pretorius

Ont- is ʼn drama oor die reis van “grootword”, ʼn studie oor die samestelling van ʼn gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters.

Marina Griebenow sê: ’n Mens besef net weer dat ware skoonheid in eenvoud opgesluit lê, oftewel in die skyn van eenvoud. Die treffendste kuns kan altyd aan dié goue reël gemeet word. Die bekroonde Ont- het feitlik elke dramaprys verower nadat dit feesgangers en kritici gaande gehad het … ‘n kragtoer waarin Pretorius vir ons die estetika van toneelkuns herdefinieer en sodoende ons menswees mateloos verryk.

Met Ont- het Wessel Pretorius as dramaturg vinnig bekendheid verwerf. Dié eenmanstuk wen in 2013/2014 vier Fiëstas, onder andere die beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering en beste opkomende kunstenaar, die Aardklop-toekenning vir die beste toneelspel en ’n Woordtrofee vir beste dramaproduksie.

Die stuk (in Engels vertaal as Undone deur Hennie van Greunen) het ook getoer na die Edinburgh Festival Fringe, Afrovibes in Nederland, die Wiener Festwochen in Wene en die Nasionale Kunstefees in Grahamstad waar dit die Standard Bank Ovation Goud ontvang het.

Leave a Reply