Skip to main content

Die Amerikaanse Departement van Verdediging (Pentagon) en Russiese weermagte het ‘n “ontknopings”-blitslyn in werking gestel om enige misverstande te vermy wat ‘n eskalasie van die oorlog tussen Moskou en NAVO kan veroorsaak.

“Die Verenigde State het ‘n aantal kanale opgestel om kritieke veiligheidskwessies met die Russe te bespreek tydens ‘n gebeurlikheid of noodgeval,” het ‘n senior amptenaar van die Pentagon gister aan verslaggewers gesê in ‘n agtergrondinligtingsessie. “Die Departement van Verdediging het 1 Maart ‘n ontknopingslyn met die Russiese Ministerie van Verdediging ingestel met die doel om misrekening, militêre voorvalle en eskalasie te voorkom.”

Volgens die Pentagon-amptenaar sal die US European Command in beheer wees van die Amerikaanse kant van die blitslyn. Dit is aangekondig nadat Swede – nie ’n lid van NAVO nie – Rusland daarvan beskuldig het dat dit sy lugruim sonder toestemming binnedring nadat Russiese vliegtuie oor die Gotland-eilande in die Oossee opgemerk is.

Alhoewel die Amerikaanse president, Joe Biden, kritiek uitgespreek het oor die Russiese inval van Oekraïne en oral sanksies teen die Russe ingestel het, het die Withuis volgehou dat hulle geen planne het om troepe na die Oekraïne te stuur nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!