4 Maart 1890
Gerard Leendert Pieter Moerdijk, van Nederlandse afkoms, is in die Waterberg-distrik, Transvaal (nou Limpopo Provinsie) gebore.
Hy was een van die eerste Afrikaanse argitekte en het baanbrekerswerk gedoen met nuwe ontwerpe vir kerke, dit by Suid-Afrikaanse vereistes aangepas en plaaslike materiale gebruik. Hy het ongeveer negentig kerke, talle huise, sale en openbare geboue, asook die Voortrekkermonument in Pretoria ontwerp.
Verwysings
Potgieter, D.J. et al. (eds) (1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Kaapstad: NASOU, v. 7, bl. 482.
Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau.