Skip to main content

Brian Mudyiwayana is vroeër vandeesweek in die Swellendam-landdroshof skuldig bevind aan ses moorde wat oor dele van die Wes-Kaap gepleeg is, roof met verswarende omstandighede en dat hy onwettig in die land was.

Sy straf:

6 x lewenslange vonnisse.

15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

4 jaar vir oortreding van die immigrasiewet.

Brian Mudyiwayana het tussen 2016 en 2017 op ‘n moordtog gegaan en vyf vroue en ‘n man in Swellendam, Bredasdorp, Mosselbaai en De Doorns vermoor. Hy het die vroue met vals beloftes van werk gelok.

Mudyiwayana het beweer dat hy ten tyde van die misdade ‘muti’ gebruik het, en dit het gelei tot die misdade.

Tydens die strafverswaring het Luitenant-kolonel Elmarie Myburgh getuig dat die beskuldigde geen emosie getoon het toe hy oor die misdade gepraat het nie en nie bereid was om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie.

S/AO Suzette Lourens, die ondersoekbeampte in die saak, en Adv. Megan Blows was deel van die span.

Leave a Reply

error: Content is protected !!