Die Provinsiale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Oos-Kaap, Luitenant-generaal Nomthetheleli Mene het 42 nuwe voertuie amptelik aan vier SAPD-distrikte oorhandig tydens ‘n seremonie wat gister in die Mthatha SAPD Akademie gehou is.
Die 42 nuwe voertuie gaan na onder andere die OR Tambo, Joe Gqabi, Alfred Nzo en Chris Hani gemeenskappe, wat die mees landelike en afgeleë gebiede in die provinsie is.
“Hierdie oefening gaan daaroor om dienslewering aan die mense te bring en hulpbronne toe te wys waar dit die nodigste is,” het Luitenant-generaal Mene gesê.