Skip to main content

Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, maak die verdoemende Zondo-kommissie se bevindings teen hom af as ‘bewysloos’.

Hy sê daar is geen feite om die verslag se bevindings te staaf nie, en dit is die rede hoekom hy die kommissie se voorsitter, waarnemende hoofregter Raymond Zondo, hof toe sleep vir ‘n geregtelike hersiening. Hy glo dat die bevindings teen hom tersyde gestel sal word.

Mantashe se party het egter, sonder om ANC-lede se name te noem, gesê dat daar sommige partylede is wat nie die kommissie se bevindings ondersteun nie, deur dit in howe wil laat betwis.

“Die ANC neem kennis en respekteer die reg van individuele lede van die organisasie om hul wetlike en grondwetlike regte en regstellings ten opsigte van die kommissie se bevindings en aanbevelings teen hulle uit te oefen. Dit moet net nie afbreuk doen aan die organisasie se beginselvaste ondersteuning vir die kommissie en sy werk nie,” het die ANC se nasionale woordvoerder, Pule Mabe, gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!