Skip to main content

Die Nasionale Misdaad-intelligensie-teenontvoeringstaakspan het in minder as vyf dae nog ‘n deurbraak gemaak nadat ‘n sakeman van Vereeniging, mnr Zaheer Asmal, verlede week by sy besigheidsperseel ontvoer is.

Die span het inligting opgevolg, waarna die slagoffer ongedeerd in Lenasia-Suid gevind is. Die polisie het die eienaar van die eiendom in hegtenis geneem.

By die tweede adres in Ennerdale het die polisie ‘n donkergrys Toyota Hilux en verskeie vals registrasienommerplate gevind wat tydens die misdaad gebruik is. Een verdagte is gearresteer.

Die span het verdere inligting opgevolg en by ‘n adres in Roodepoort het die verdagte onmiddelik op die polisie begin skiet. Nie een van die taakspanlede het enige beserings opgedoen nie. Die verdagte is onmiddelik gearresteer. Daar is ook beslag gelê op een ongelisensieerde vuurwapen.

Al drie verdagtes staan tereg op aanklagte wat verband hou met ontvoering en roof met verswarende omstandighede. Die derde verdagte staan tereg op bykomende aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen sowel as poging tot moord.

In die afgelope week alleen het die taakspan agt verdagtes gearresteer wat verband hou met ontvoerings waar losprys-eise gemaak is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!