Skip to main content

Drie mense het ligte beserings opgedoen nadat ‘n helikopter gisteroggend by die Virginia-lughawe in Durban, neergestort het.

Die Medi Response Search & Rescue-eenheid asook die polisie se soek- en reddingspan, metropolisie en ander rolspelers het die toneel bygewoon.

Die vlieënier en twee passasiers het volgens inligting ligte beserings opgedoen en is na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie en sal deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.

Leave a Reply