Skip to main content

Lede van die Upington Grenspolisie, die Upington K9-eenheid en Upington se Doeane het Maandag inligting ontvang oor ‘n voertuig wat onwettige sigarette na Upington vervoer het.

Die lede het die inligting opgevolg en die voertuig is op die N14 net buite Upington voorgekeer.

Die bestuurder was alleen in die voertuig. Daar was 210 bokse sigarette met ‘n geraamde markwaarde van R3 500 000-00 in die voertuig.

Die bestuurder is deur die polisie ondervra, maar kon nie die oorsprong van die sigarette verklaar nie.

Die sigarette is aan Doeane oorhandig vir verdere ondersoek deur die polisie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!