Advokaat Elna Smit, die voormalige aanklaer in die EFF-leier Julius Malema en sy lyfwag Adriaan Snyman se vuurwapensaak, het na bewering by die Nasionale Vervolgingsgesag bedank uit vrees om as ‘n rassis gebrandmerk te word.
Twee onberispelike bronne binne die NVG in die Oos-Kaap het News24 ingelig dat Smit haar base gevra het om haar met ‘n advokaat van kleur te vervang omdat sy glo Malema sal die raskaart tydens kruisondervraging speel.
Die aanklagte spruit uit ‘n voorval op 28 Julie 2018, waarin Malema op kamera vasgevang is terwyl hy ‘n outomatiese aanvalsgeweer afvuur het tydens die EFF se vyfde verjaardagvieringe by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane.