Skip to main content

Operasie Phakisa is in Port Nolloth, Alexanderbaai, Kleinzee, Hondeklipbaai, Groenrivier en Nuttabooi-myn in die Namakwa-omgewing vanaf 25 Februarie 2022 tot 28 Februarie uitgevoer.

Operasie Phakisa, wat “opskud” in Sesotho beteken, fokus spesifiek om alle vorme van misdaad op see en op land te pak.

Die operasies was gelei deur die bevel van die SAPD se waarnemende adjunk-provinsiale kommissaris, Brigadier Hennie van Rensburg, en verskeie ander SAPD-eenhede.

Eksterne Departemente wat deelgeneem het aan die operasie was die Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye, die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Doeane en Immigrasie en Sanparke.

Die Northern Cape Airwing is deur lede van die Vrystaat Lugdiens bygestaan om lugpatrollies langs die kuslyne en oor die myngebiede uit te voer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!