Skip to main content

Twee rowers is gister noodlottig gewond deur die polisie na ‘n poging tot ‘n transito-rooftog naby die R42 tussen Delmas en Bronkhorstspruit in die rigting van Delmas.

Twee van die rowers is tydens die skietgeveg tussen die polisie en die rowers doodgeskiet en twee van die rowers is gearresteer.

Volgens die polisieverslag is ‘n kontantafleweringswa met twee insittende veiligheidswagte deur ‘n groep swaargewapende verdagtes aangeval. Die rowers kon egter nie daarin slaag om by die kontant uit te kom nie.

Die polisie het ‘n kombi agternagesit wat deur die rowers gekaap was en twee van die verdagtes is in hegtenis geneem. Die ander verdagtes het te voet gevlug.

Daar is beslag gelê op ‘n vuurwapen, ammunisie, polisie-tweerigtinghandradio’s, ‘n wit Porche Cayenne en silwer BMW SUV.

Twee van die verdagtes sal binnekort in die Delmas-streekshof verskyn op aanklagte van gewapende roof, die besit van vuurwapens en ammunisie asook die besit van plofstof.

Die polisie is steeds besig op die toneel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!