Skip to main content

Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 49 en 66 verskyn vandag in die Kaapstadse landdroshof op aanklagte van rampokkery, geldwassery en oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne. Hulle is gister deur die Gqeberha-gebaseerde Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoek tydens Project Ebroad gearresteer.

Die ondersoek het in 2019 begin ná die bewerings van ‘n perlemoensindikaat in Wes-Kaap wat perlemoen versteek het tussen vleisprodukte wat vir uitvoer bedoel was. ’n Lang ondersoek het begin wat gelei het tot die inhegtenisneming van die verdagtes gister.

Die span het beslag gelê op elektroniese toestelle en dokumente en die ondersoek duur voort.

Leave a Reply