Skip to main content

Andrea Johnson, ‘n ervare aanklaer-advokaat, is van vandag af die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat (OD).

President Cyril Ramaphosa het laat gisteraand hierdie aankondiging gemaak. Hy is vol vertroue dat Johnson “beslissend sal optree teen individue wat by staatskaping en korrupsie betrokke is”.

Volgens die presidensie is Johnson ‘n ervare senior adjunkdirekteur in die NVG met meer as 25 jaar ondervinding, insluitend in distriks-, streek- en hooggeregshofvervolgings. Johnson het 10 jaar in die Direktoraat van Spesiale Operasies (Skerpioene) deurgebring en het in die NVG se prioriteitsmisdaadlitigasie-eenheid en georganiseerde misdaadafdeling gewerk.

Leave a Reply

error: Content is protected !!