Skip to main content

Adam Tas word gearresteer

28 Februarie 1706

Landdros Starrenburg het Adam Tas gearresteer weens die rol wat hy gespeel het in die opstel van ‘n petisie vir die Kaapse burgers teen die sittende goewerneur W. A. van der Stel en ander landbou-amptenare. Die Tas-petisie is by die Here Sewentien, die beheerliggaam van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie (VOC), in Amsterdam ingedien.

Tas en sy mede-vryburgers betoog teen die korrupsie en uitspattige leefstyl van Van der Stel en die feit dat magsmisbruik deur amptenare tot onregverdige mededinging met burgers gelei het. Uit dokumente in die lessenaar van Tas het Van der Stel die aard van klagtes teen hom vasgestel en ook die name van die ontevrede burgers. Alhoewel nog verskeie burgers gearresteer en gestraf is, het hulle aan die einde geseëvier, toe die Here Sewentien in Oktober 1706 amptenare kategories verbied het om grond te besit of om handel te dryf.

Verwysings

Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau.|Muller, C.F.J. (ed)(1981). Vyfhonderd jaar: ‘n geskiedenis van Suid-Afrika; 3de rev. red., Pretoria: Academica, p. 48.|Joyce, P. (1999). A Concise Dictionary of South African Biography, Kaapstad: Francolin.

Leave a Reply

error: Content is protected !!