Skip to main content

Brandstofpryse skiet Woensdag deur die dak en die reeds vuisvoos publiek moet maar weer net betaal.

Die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie het die jongste brandstofprysaanpassings vir Maart 2022 gepubliseer, wat ‘n skerp styging in pryse vir beide petrol en diesel in Suid-Afrika toon.

Die veranderinge vir Maart is soos volg:

Petrol 95: verhoging van R1,46 per liter;

Petrol 93: verhoging van R1,46 per liter;

Diesel 0,05%: verhoging van R1,44 per liter;

Diesel 0,005%: verhoging van R1,48 per liter;

Verligte paraffien: verhoog R1,21 per liter.

Die gemiddelde internasionale produkpryse vir petrol, diesel en verligtingsparaffien het gedurende die oorsigtydperk gestyg.

 

Leave a Reply