Die diamanthandelmaatskappy Forever Diamonds and Gold het Vrydag ‘n gholfdag ten bate van die Laerskool Brentwoodpark by Benoni Lake buiteklub gehou.
‘n Groot persentasie van die skool se leerlinge kom uit behoeftige gesinne en die skool bestuur onder meer ‘n voedingskema.
Die weer het spel ietwat in die wiele gery, maar dit het nie die sukses van die dag belemmer nie.
Van die donateurs het ingesluit
- Big Joe Borehole drilling – 4 pakkette en 200 x afslagbewyse
- Dynamic Healthology – 4 Gary Rom geskenkbewyse @ R1500 elk
- JSIM Creations – 4 fotografie-geskenkbewyse @ R500 elk
- Kwiksat (Henkoly Pty) – Gholfsak @ R2400
- FDG – 4 wigysters @ R2000 elk
4 x Gholfsakke @ R2400 elk
4 x Skoonveld-houte @ R3500 elk
2 x Drywers @ R6000 elk
1 x Setstok @ R2000
Die aand is afgelsuit met ‘n veiling in die klubhuis.
Van die items waarop gbie kon word het die volgende ingesluit:
- 4 diamante wat R 15 000 op die veiling behaal het
- 1 Goue munt wat teen R45 000 verkoop is
- ‘n Ane African Accommodation geskenbewys ter waarde van R8 000. Dit het ‘n hamerprys van R5 000 behaal
- Leandra Seal het R1 000 geskenk en Tommy Kruger R2 000. Albei is FDG-beleggers.