Op 20 Februarie 2022 is die liggaam van ‘n vrou op haar plaas in Bultfontein aangetref. Die voorval is by die polisie aangemeld en ‘n saak van huisroof en -moord is geopen.
Kaptein BT Ramatsoele, die Sigbare Polisiëringsbevelvoerder van Bultfontein, en sy span het die saak ondersoek. Inligting het hulle na ‘n sinkhuis by die informele nedersetting in Phahameng gelei. Nadat die eiendom deursoek is, is die volgende gevind: vier items wat skootrekenaars met ander toestelle verbind, (USB’s), selfoon, ‘n skootrekenaar en 25 lewendige rondtes ammunisie.
’n 29-jarige verdagte is na ‘n gestoeiery in hegtenis geneem.
Die verdagte staan tereg op aanklagte van huisroof, moord, en die besit van vermoedelik gesteelde items, asook weerstand teen arrestasie. Hy sal vandag in die Bultfontein-landdroshof verskyn.