Skip to main content

Schalk van der Merwe, die onderleier van die Nasionale Konserwatiewe Party van Suid-Afrika (NKP), is luidens betroubare bronne Woensdag in hegtenis geneem.

Volgens mense na aan Van der Merwe, wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wil bly, spruit die inhegtenisneming uit ‘n struweling met ‘n bode van die hof wat dokumentasie op die Van der Merwes wou bedien het.

Na verwagting sal hulle die naweek in aanhouding gehou word en hulle formele borgtogaansoek sal volgende week teengestaan word.

Van der Merwe is ‘n stigterslid en die onderleier van die NKP van Suid-Afrika. Hy het die afgelope twee jaar ‘n groot gevolg op sosiale media as ‘n uitgesproke teenstander van gedwonge inentings en die regering se hantering van die Covid-19-pandemie opgebou.

Hy is ook ‘n voormalige staatsaanklaer en menseregte-aktivis.

Leon Botha, die ondersoekbeampte in die saak, beweer ‘n skedule 5 poging tot moord saak sal teen die egpaar aanhangig gemaak word.

Hechter Hansen sal die Van der Merwes in opdrag van die regsfirma WNA Prokureurs van Garsfontein verteenwoordig.

Die sakeman Louis Liebenberg, ‘n vriend van Schalk, sê hulle het nog nie al die feite nie, maar “ons ken die integriteit van Van der Merwe en ons vermoed vuilspel deur mense wat nie hou van die werk wat hy doen nie. Ons staan by ons vriend.”

3 Comments

  • Justus Hattingh says:

    Dit is duidelik dat hier n kladven vuilspel teen Schalk vd Merwe gebring is deur Sy aanslag teen die staat en hulle moord op hulle burgers. Wat noem men’s dit dan as jou regering jou van kant wil maak ?? N hele SA bevolking met n naald wil dood deur n wettige mediese wetstelsel ?? GENOCIDE, maar waarom, waarvoor. Wie gaan dan werk en blasting betaal dat die staat die grates kan misbruik.??? NIEMAND, ALMAL IS DAN DOOD IN SA.

  • Deon says:

    Dink ook daar is valse aankkagtes oor hulle gemaak

    Skedule 5 is onmiddelike arrestasie

  • Jo says:

    Hy is onskuldig hier is MENSE wat hom uit di weg wil ruim …di waarheid sal seevier

Leave a Reply to Deon Cancel Reply

error: Content is protected !!