Die skielike beeld wat te voorskyn gekom het in die Noordelike deel van Pretoria, op die hoeke van Zambezi en Dr Swanepoelweg, het inwoners omtrent aan die gons.
Daar was ook geweldige teenkanting en negatiewe reaksie op sosiale media-groepe oor die redes vir die oprigting van die beeld.
Die beeld is opgerig deur ‘n nabygeleë kerkgroep wat die boek Daniël en Openbaring beter verduidelik sodat meer mense dit kan verstaan. Dit gaan basies oor waar ons vandag staan in profetiese tyd.
Die uitleg van die droom:
Die metale waarvan die beeld gemaak was, goud, silwer, koper en yster, stel die vier groot koninkryke voor wat ná Nebukadneser sou volg en oor die aarde regeer.
Die Waarheid het met ‘n kerkgroep in die omgewing gesels en hulle sien geen probleem met die advertensieveldtog nie.
Die Waarheid sal graag wil hoor wat ons lesers se mening en gevoel is oor die bewusmakingstyl van die kerkgroep.
Elke Doctrine het sy eie verduideliking van Eskatologie – die Eindtyd Studie . Baie Valse Doctrines het verskeie misleiding omtrent die tye waarin ons leef . die eindtyd bewismaking is n baie Goeie ding , maar volgens my reeds te laat want die merk van die dier se voorganger is reeds deur mense geneem . slegs ware Kinders van God sal die waarheid verstaan en Ken
Ek wil graag julle nuus ontvang
Marina, volg ons gerus op Facebook of op diewaarheid.com.
Die opblaasbeeld is n fantastiese manier hoe mense weer die waarheid kan leer omtrent die Bybel en die tydlyn waar ons as mense op die oomblik is.