Janusz Walus, wat die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party-leier Chris Hani op 10 April 1993 by sy huis in Dawn Park in Boksburg vermoor het, doen weer aansoek om parool.
Waluz, wat sedert 2011 aansoek doen om parool, het nou die Konstitusionele Hof genader om Ronald Lamola, die minister van justisie, se besluit van Maart 2020 om nie sy vrylating op parool goed te keur nie, te hersien.
Hani se weduwe,e Limpho, sê sy sal Walus nooit vergewe nie, want hy het die lewe van haar man, en uiteindelik haar dogter, geneem.