24 Februarie 1962
Op 24 Februarie 1962 is ‘n bruin joernalis Joseph Louw (23) in die Johannesburgse streekhof tot ses maande gevonnis vir sameswering met Pamela Beira, ‘n 19-jarige Blanke vrou om die Onsedelikheidswet te oortree. Toe Louw se prokureur ‘n opgeskorte vonnis vir sy kliënt vra, is hy deur die landdros meegedeel dat die saak nie ‘n kwessie van skielike versoeking is nie, maar eerder die ontwikkeling van ‘n hegte verhouding.
Pamela Beira het nie in die hof verskyn nie en ‘n lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik, maar die hof het verneem dat sy Suid-Afrika verlaat het. In 1950 is die verbod op “gemengde” huwelike opgevolg deur ‘n wysiging aan die Ontugwet wat deur Barry Hertzog se Pakt-regering goedgekeur is. Dit het buite-egtelike seksuele verhoudings tussen Blanke en ander etniese groepe verbied. Seks tussen Blanke en ander rasse het ‘n kriminele oortreding in Suid-Afrika geword.
Verwysings
Anon, (nd), ‘Mixed Marriages and The Immorality Act’ uit Rebirth Africa Life on the Continent, [aanlyn] Beskikbaar by www.rebirth.co.za [Besoek: 26 Januarie 2011]|Anon, (1962), ‘Journalist is Sent to Gaol’, vanaf Cape Times, 26 Februarie (Beskikbaar by Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika)