Terwyl die Stad Tshwane ‘n proses aan die gang het om dienste aan sy debiteure af te sny, het die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur (DPWI) volgens minister Patricia De Lille sy betalings in lyn met fakture gehou.
Maar die DPWI word geld geskuld deur ander departemente en munisipaliteite namens wie hy uitstaande skuld betaal het.
“Ons probeer baie hard om hierdie geld terug te kry. Dit is nie net Eskom wat geld geskuld word nie, ons word ook R9,2 miljard geskuld,” het De Lille gesê.