Ace Magashule is oortuig daarvan dat die korrupsieklagtes teen hom soos mis voor die son sal verdwyn. Hy sê dat die tender van R255 miljoen vir die verwydering van asbes in Mangaung niks te doen gehad het met die departement wat die kontrak uitgereik het nie.
Die geskorste ANC-sekretaris-generaal het gister gesê hy is verstom dat hy aangekla word van swak beheer oor Vrystaatse informele menslike nedersettings. Al het hy die tender uitgereik tydens sy premierskap, kan hy, volgens hom, nie direk verantwoordelik gehou word vir die departement se aksies nie.
Magashule het die hooggeregshof in Bloemfontein versoek om die sake teen hom uit te gooi.
Magashule word daarvan aangekla dat hy versuim het om behoorlike toesig oor ‘n staatsdepartement uit te voer en enige korrupsie aan te meld. Hy beweer dat daar geen regsgrondslag vir korrupsieklagte teen hom is nie.
Die hof het uitspraak tot April voorbehou.