Skip to main content

‘n 26-jarige man het na bewering sy 72-jarige ma in die vroeë oggendure in Mondilestraat in Kwanobuhle doodgeslaan.

Volgens polisie-inligting word daar beweer dat Nozipho Tshem in die sitkamer van haar oorlede dogter se huis geslaap het toe haar seun die kamer binnegekom het. Daar word verder beweer dat daar ‘n herrie tussen hulle twee was. Mev Tshem is herhaaldelik met ‘n hamer op haar kop geslaan.

Sy het op die toneel aan haar beserings beswyk. Haar seun het van die toneel gevlug.

Familielede het na die polisiestasie gegaan en die voorval aangemeld. Die motief vir die wrede aanval en moord is nog nie bekend nie. ’n Moordsaak is geopen.

Terwyl die polisie nog op die toneel was, was daar ‘n klag van ‘n strafbare manslag in Matanzimastraat (die Kwanobuhle-hoofweg). Na bewering het die bestuurder van ‘n VW Polo omstreeks 04:30 by die polisiestasie aangemeld en die polisie ingelig dat hy ‘n persoon omgery het. Toe die polisie by die toneel aankom, het hulle ‘n manspersoon gevind wat steeds in die pad gelê het. Hy is dood voordat hy enige mediese hulp ontvang het. Die oorledene is later geïdentifiseer as Siya Tshem, die verdagte in die moord op Nozipho Tshem.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!