Skip to main content

Die Waarheid kan vanoggend eksklusief bekend maak dat die bekende Suid-Afrikaanse rap-ster Riky Rick volgens betroubare bronne vanoggend gesterf het.

Volgens inligting is die sanger by sy aankoms by die Netcare Waterfall City-hospitaal in Midrand dood verklaar.

Bronne na aan die ster het gesê dat hy hom by sy huis in die noorde van Johannesburg opgehang het. Klaarblyklik het die sanger aan ernstige kliniese depressie gely.

Toe lede van sy bestuurspan hom vanoggend gekry het, het hy nog geleef, maar hy het op pad hospitaal toe gesterf.

Riky Rick, gebore as Rikhado Muziwendlovu Makhado (20 Julie 1987), was ‘n Suid-Afrikaanse rapper, liedjieskrywer, sanger, komponis, akteur, entrepreneur en modeontwerper.

Makhado is die stigter en eienaar van die platemaatskappy Cotton Club Records. Hy was ook ‘n lid van Boyz N Bucks.

Sy besprekingsagent, Luvo, het by navraag nog nie enige kennis van die situasie gedra nie.

  • Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en Die Waarheid sal sy lesers op hoogte hou namate meer inligting bekend word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!