Die KZN-wetgewer se besluit om die Zoeloekoning, Misuzulu kaZwelithini, na die opening van Sopa (State of the Province Address) te nooi, ondanks sy status wat betwis word, het sommige koninklike familielede die herrie in.
Die speaker van die wetgewer, Nontembeko Boyce, het gesê koning Misuzulu is saam met ander lede van die koninklike familie na die Sopa genooi nadat hy die media toegespreek het oor voorbereidings vir môre se staatsrede (Sopa) wat by Pietermaritzburg se Royal Showgrounds gehou sal word.
’n Gedeelte van die koninklike familie wat koning Misuzulu se status in die hof betwis, wil hê hy moet as ’n blote prins beskou word, hangende die afhandeling van die regsprosesse.