Skip to main content

Die begroting vir Arthur Fraser se kantoor as direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het met 621% gegroei gedurende sy eerste volle jaar as intelligensiebaas, volgens dokumente en beëdigde verklarings wat by die Zondo-kommissie ingedien is.

Dit het Fraser toegelaat om honderde miljoene rande te bestee aan die regstreekse bestuur van geheime operasies, wat projekte ingesluit het wat na bewering tot voordeel van oudpresident Jacob Zuma ingestel is. Die begroting wat vir Fraser se kantoor beskikbaar was, het van R42 miljoen in die 2016/2017-boekjaar tot R303 miljoen in 2017/2018 gegroei.

‘n Senior SSA-amptenaar, bekend as mnr Y, het in ‘n beëdigde verklaring aan die Zondo-kommissie gesê dat 74%, oftewel R225 miljoen, van hierdie begroting in dieselfde jaar aan geheime operasies bestee is, in omstandighede waar Fraser eintlik deur die wet en intelligensievoorskrifte uitgesluit is om direk by operasies betrokke te wees.

Leave a Reply

error: Content is protected !!