Die Waarheid kan vanoggend eksklusief bekend maak dat die bekende Suid-Afrikaanse rap-ster Riky Rick volgens betroubare bronne vanoggend gesterf het.
Volgens inligting is die sanger by sy aankoms by die Netcare Waterfall City-hospitaal in Midrand dood verklaar. Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie, maar ondersteuners bespiegel op Twitter dat selfdood ‘n moontlikheid is.
Riky Rick, gebore as Rikhado Muziwendlovu Makhado (20 Julie 1987), was ‘n Suid-Afrikaanse rapper, liedjieskrywer, sanger, komponis, akteur, entrepreneur en modeontwerper.
Makhado is die stigter en eienaar van die platemaatskappy Cotton Club Records. Hy was ook ‘n lid van Boyz N Bucks.
Sy besprekingsagent, Luvo, het by navraag nog nie enige kennis van die situasie gedra nie.
- Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en Die Waarheid sal sy lesers op hoogte hou namate meer inligting bekend word.