Ayanda Dlodlo, die minister van staatsdiens en administrasie, het die bepaling oor die salarisaanpassings vir Senior Bestuursdienspersoneel gemaak.
Volgens die Vereniging van Staatsamptenare sal senior staatsamptenare salarisverhogings tussen R1 695 vir salarisvlakke 13 tot 15 en R1 800 vir salarisvlak 16 ontvang, asook aanpassings van 1,5% teruggedateer na April verlede jaar.
Die PSA het gesê hy glo “die salarisaanpassings en nie-pensioendraende gratifikasie sal nie net die werknemers help om prysstygings, insluitend brandstof, kos, elektrisiteit en die repokoers, te versag nie, maar sal ook die kleiner gaping tussen salarisvlak 12 en 13 gedeeltelik aanspreek”.