Die Zimbabwe-regering beweer dat stakende skoolonderwysers, wat ‘n maandelikse salaris van S$540 eis, begin terugkeer het werk toe na ‘n ultimatum wat hul daartoe dwing. Die ultimatum verval môre.
Vakbonde, wat die meeste van die land se onderwysers in openbare skole verteenwoordig, het verlede week ‘n 20%-salarisverhoging en ‘n US$100-betaling bykomend tot die US$75 Covid-19-toelaag wat hulle tans kry, van die hand gewys.
Volgens ‘n artikel in die New Zimbabwe koerant het die regering gereageer deur hulle te beveel om teen 22 Februarie terug te keer werk toe of die risiko loop om afgedank te word.
Edgar Moyo, die adjunkminister van primêre en sekondêre onderwys, het in antwoord op senatore tydens die Donderdag-vraetyd gesê dat onderwysers lesse hervat het en hul teenwoordigheid sal waarskynlik byna volledig wees teen 22 Februarie, die dag waarop die ultimatum verval.
Die MDC Alliance-senator, Voice Chinake, wou weet wat die regering doen om die situasie te normaliseer en in reaksie hierop het Moyo gesê: “Met die moratorium wat deur die regering gegee is om onderwysers toe te laat om terug te gaan werk toe tot Maandag volgende week, is ons hoop dat ons situasie teen daardie tyd aansienlik verbeter het, miskien tot meer as 80%.
“Ons dink dat ons stadigaan verbeter en daar is reeds aandag gegee aan hul kwessies. Ten ten volle, indien nie meer as dit nie. Ons het ons provinsiale onderwysdirekteure, distrikskoolinspekteurs en skole-inspekteurs op die grond wat besig is om alles te monitor. Die probleem wat ons tans het, is vervoer. Die ministerie het nie voldoende voertuie om die monitering uit te voer nie,” het Moyo gesê.