Tydens die presidentskap van die korrupsiebeskuldigde, oudpresident Jacob Zuma, het Suid-Afrikaners goed vertroud geraak met die konsep van ‘n mosie van wantroue in die president.
Verlede Maandag het John Steenhuisen, die DA-leier, ‘n nuwe haas uit die hoed gehaal: ‘n mosie van wantroue in die hele Kabinet. Dit is nog nie voorheen probeer nie.
Wat gee hom die reg? Die Grondwet. Artikel 102(1) om presies te wees. Dit is dieselfde afdeling van die Grondwet wat gebruik word om ‘n mosie van wantroue in die president te bring.