Skip to main content

Twee opponente wat eintlik na dieselfde doel moet streef, is in ‘n openbare magstryd betrokke. Volgens inligting is die appelkar omgegooi in 2018 toe die minister van polisie, Bheki Cele, operasioneel betrokke geraak het by die nasionale polisiekommissaris Khehla Sitole se daaglikse pligte.

Dit belemmer die polisie se vermoë om Suid-Afrikaners te beskerm.

Die nuutste verwikkeling, toe Cele beweer het dat Sitole en Julius Malema, die EFF-leier, teen hom gekonkel het om hom uit sy stoel te lig, het net die vete verdiep. Dit was ook vir Cele die ideale geleentheid om na Sitole te kap toe laasgenoemde nie Cele se Sona toespraak bygewoon het nie. Dit het gelei tot ‘n openbare moddergeveg.

Die ‘blaamspeletjie’ tydens en na die Julie onluste verlede jaar lyk soos ‘n mak lammetjie teen dìt wat nou aan die gang is.

Sitole is ‘n loopbaanbeampte wat sy pad deur die range gewerk het, maar Cele is sommer met ‘n kettie na die boonste gestoeltes geskiet met sy aanstelling as die nasionale polisiekommissaris nadat hy die KwaZulu-Natalse LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling was. Cele se sprong is te danke aan Jacob Zuma.

Leave a Reply